Op jou merke…gereed…..

Hulle……dis nou die “Youtubers” het my vertel om te blog is vreeslik maklik….Duh, hulle het nie van my gepraat, wat alles so op my eie probeer uitrafel nie. Ek het reeds 4 jaar gelede aan my Blog uitleg gewerk en nou besluit dit moet bietjie anders wees.  Nee man, dis maklik jy gaan net hier in en dan daar en dan kies jy jou “Theme” soos hierdie 1 wat ek nou gaan  wys….. nee maak nie saak waar ek soek en krap en search nie….ek kry nie jou “theme” nie mnr Youtuber…….  

So ja, uiteindeik, na ‘n lekker gesweet , het ek bietjie orde geskep en hoop ek dit loop bietjie meer “smooth” soos my meisiekind sal sê.

My Plan van aksie:

Ek wil jou op ‘n reis vat deur hierdie spaghettikop van my en so elke paar dae (so gereeld as wat ek tyd kry) die insigte deel uit die Podcast waarna ek luister en sommer net die geestelike reis waarmee ek ook besig is.

Hierdie is maw eintlik vir myself, maar dalkies is daar iemand daar buite wat saam met my wil dink en wonder en dalk êrens ‘n stukkie kommentaar wil lewer.

Ek gaan eers begin om sommer maar net ‘n paar goedjies uit te lig oor die Potcast waarna ek geluister het. Later, of dalk so tussen deur, ‘n paar van die ander bestanddele in meng.

DIE PODCAST:

Die podcast se naam was: Intuitive eating for Christian Women deur Erin Todd en Char-Lee Cassel . Hulle doelwit: om jou op ‘n beter plek te kry met jou liggaam, siel en gees. Hulle praat dus baie oor dieet en oefenverwante dingetjies, maar ook hoe pas jou verhouding met Jesus by al hierdie dinge in om van jou ‘n heel mens te maak. Hulle praat oor dieetsiektes ens, maar ek het net weer besef ‘n mens hoef nie net ‘n dieetsiekte te hê om te lei onder die dieetkultuur van die wêreld nie.

Ditch dieting and live on purpose!

Char-Lee Cassel

Char-lee – is ‘n geregistreerde dieetkundige .. Kon nooit die dieet en oefenkultuur vervolmaak nie en het beter begrip rondom haar mislukkings begin soek.

Erin : Het altyd haar menswaardigheid in ‘n maar lyfie gevind en het besef dat daar geen genade in so ‘n leefwyse is nie.

Hulle praat oor ‘n “alles of niks mentaliteit” en “health at every size” Haha seker “gesondheid teen enige grootte”. Sommige vertalings wil maar net nie vloei nie..

https://www.youtube.com/watch?v=0P4YdXz3LAI

Hierdie liedjie van Lauren Daigle praat oor hoe ons, ons laat lam lê deur die leuens van die vyand

Eseg 37 : God bring Esegiël na ‘n vallei met droë bene en vra hom of die bene kan leef. God beveel Esegiël om lewe te spreek oor die droë bene. Hy doen dit en die bene verander. Daar is egter geen asem in hulle nie en so sê God hy moet asem in hulle in profeteer. Hulle word weer lewendig!!

Herlewing 37:13

Daar is ‘n hele wêreld vol diëters wie se tyd, selfwaarde en energie uit hulle uit gedreineer is soos die droë bene in hierdie stukkie, deur die leuens van die dieetkultuur. Die leuens van die dieetkultuur vertel ons dat ons ‘n sekere manier moet lyk en weeg om waardevol te wees, om erkenning te kry. Dat jou gewig jou waarde bepaal. Maar dieetkultuur is geestelike oorlogvoering van die vyand. Die vyand maak ons sy slawe.

Die doel van hulle podcast is om vrouens los te maak van hierdie leuen en hulle weer te wortel in Jesus sodat hulle menswaardigheid in Hom sal vind.

Ek het dadelik hiervan gehou. Ek was self die slagoffer van jare lange se pogings om beter te lyk en beter oor myself te voel. Dit is dan hoekom ek gedink het dit goed sal wees as ek dit bietjie neer skryf en dalk ook met jou deel. Ons bid dat God se Gees weer ons droë bene na die Lewe toe sal terug bring.

Ek vertrou dat hulle insigte ons sal bring na ‘n nuwe verstaan van God, onsself en ons eetgewoontes.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s