Wonderwerk

Die lewe is ‘n wonderwerk.

Die geboorte van ‘n  baba. Elke wonderlike klein unieke dingetjie in die skepping. Nie 2 dinge presies dieselfde nie. Die fyn detail wat in elke klein goggatjie is.

Die blote feit dat meeste kinders dit verby 21 maak, elke beskermengel uitgeput na ‘n dag se harde werk.

Maar wat is ‘n wonderwerk regtig? Somtyds soek ons ‘n wonderwerk soos ‘n fenomenale lewensveranderende gebeurtenis. ‘ n Lasarus wat uit die dood opstaan. En ja, dit is ‘n n wonderlike, ongelooflike gebeurtenis. Ons God is groot en goed en niks is vir Hom onmoontlik nie. Dikwels kan ons net stomgeslaan toekyk hoe blindes weer kan sien en dowes weer kan hoor en dan smag ons met ons wese na sulke ingrypende gebeurtenisse.

Vir my is die wonderwerk meer dikwels dat die Here hom steur aan ons daaglikse wandel. Dat daar dikwels in die klein oomblikke van die dag ‘n dingetjie gebeur wat vir jou so onmoontlik lyk dat jy net weet dat jy weet Toeval is nie die woord waarmee jy dit kan beskryf nie.  Dikwels is ‘n wonderwerk net daai  1 dingetjie wat gebeur, wat in hierdie situasie, hier waar jy hier en nou is, die oomblik so draai dat jy Goddelik versterk voel en net weet dat God Almagtig is en elke ding deur Sy Hand gaan. As ons leer om die wonderwerk in elke oomblik raak te sien gee dit vir ons dikwels die moed om te stap op ‘n pad vol pyn en ellende….. Een tree op ‘n slag.. Een wonderwerk op ‘n slag. Leef in die geloof dat God vir vandag sal voorsien. Leef sonder om te wonder hoe dinge werk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s