50

Oor 2 maande word ek 50.  G vertel al die afgelope 2 jaar vir my  ek is 50, net omdat hy is. Ek moes net keer, of ek is oud voor my tyd.. Maar heellaas,  nou is ek in die pylvak van my veertigs en daar is nie keer daaraan nie

Oor 2 maande word ek 50.  G vertel al die afgelope 2 jaar vir my  ek is 50, net omdat hy is. Ek moes net keer, of ek is oud voor my tyd.. Maar heellaas,  nou is ek in die pylvak van my veertigs en daar is nie keer daaraan nie.  Oor minder as 60 dae is ek op die plek waar ek as jongmens altyd geglo het, ‘n mens regtig, soos in regtig OUD is!
Die goeie nuus is egter, vir die van julle wat nog nie naby daaraan is nie,  in jou kop dink jy nog steeds aan jouself as jonk, of dalk is dit net ek!

1 Ding wat wel seker is, is dat min van ons ouer as 100 word, wat dus beteken dat ons wel nou met die 2e helfte van ons lewe besig is.  Soos dikwels op die rugbyveld kan ons seker darem verwag om in hierdie twee helfte ook bietjie moeër te wees en selfs bietjie meer beseringsyd te hê. Ten spyte daarvan dat ons dalk nie meer heeltemal so vinnig opstaan en gaan sit soos ‘n paar jaar gelede nie, is ons nog lank nie op of afgeskryf nie.  Ons sal wel moontlik minder treë opsit in die tweede helfte as in ons jong ribbok rammetjie eerste helfte, maar dit beteken nie dat dit nie goed beplande sinvolle treë hoef te wees nie.  Ek weet in hierdie tweede helfte van ons lewens word ons meer dikwels herinner aan die sterflikheid van die mens en die verwering van die liggaam, maar die potensiaal bestaan dat ons dalk nog net so lank kan leef as wat ons reeds geleef het (dalk net bietjie stadiger).  Op 18 maak ons planne en droom drome oor ons toekoms. Daai toekoms strek egter dikwels nie, in ons verwysingsraamwerk, verder as 60 of 65, wanneer meeste mense Aftree, of selfs net 50 wat vir die 18 jarige stokoud is nie. Maar skielik as jy by 50 kom besef jy daai toekoms waaroor jy op 18 gedroom het, is nou amper klaar en wat sal jy nou met die res  maak! En nee, daar is nou geen vakvoorligters om jou te help en aanlegtoetse wat jy kan aflê wat jou met daai 1 gaan help nie!  Maar is dit nie juis ons probleem nie, ons dink as ons by 60 kom moet ons ophou werk en daarmee  ophou leef? Meeste mense het nie ‘n plan A of plan B vir na 60 nie en teen die tyd dat hulle daar kom is hulle te moeg om dan met ‘n nuwe plan te begin.
As ek nie op 70 afhanklik van ander wil wees nie moet ek vandag begin om my liggaam so te probeer hou dat ek met gemak nog kan beweeg op 70. Dat my verstand nog funksioneer, dat ek nog ‘n bydrae kan lewer tot die samelewing.  Ek laat dit nou klink of ek self beheer het oor my gesondheid en verstand, maar nee ek het nie, ek kan wel alles in my vermoë doen om my gesondheid te probeer preserveer.
As elke 18 jarige sy toekoms planloos tegemoet gegaan het net omdat die moontlikheid bestaan dat hy voor 30 in ‘n ongeluk kon sterf, wat sou dan van die samelewing geword het.  Ek dink ons moet ons koppe begin draai en juis begin leef asof ons 100 jaar oud gaan word. Dalk  moet ons juis planne maak sodat ons, ons self nog kan onderhou met ‘n rustiger werkie of iets wat ons maak tiek tot ons 90 is.  Was ons eie Nelson Mandela nie ‘n rype  77 toe hy aan bewind gekom het nie, dink net as hy toe al wou Aftree….

 

 

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s