Woorde

Jou woorde is soos skerp swaarde.
Dit penetreer my vlees en breek dan af.
Die angel daarvan bly agter en sweer.
Eers is dit net die vleiswond.
Dit bring pyn, lê my lam.
Mettertyd groei die letsel bolangs toe,
Maar die sweer daarvan bly agter.
Elke keer as ongevoelige hande daaran druk, skreeu die etter daarvan na die oppervlak.
Dit besoedel, dit besmet
Die weefsel verrot en mettertyd maak die letsel ‘n groot, groot gat.
Die gif kom in my bloedstroom en tas my brein aan, deurtrek my wese
Totdat ek nie meer seker is wat waarheid en versinsel is nie.
Koorsig van ellende  en onsekerheid val ek in die hande van die Geneesheer.
Hy sny diep en skoon. Haal die mespunt uit.
Stukkie vir stukkie sypel die  gif uit my liggaam en ek vind genesing in Sy hande aan die kruis.
Maar die letsel…. Bly

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s