Hiberneer

Hiberneer volgens die HAT verwys n winterslaap, maar as jy dit verder navors dan sien jy dit gaan nie net daaroor dat hierdie diere dan slaap nie,  want hulle slaap nie noodwendig die hele tyd nie.  Hulle skakel hulle energie verbruik af om op te gaar vir die somer, wanneer hulle baie energie gaan benodig.

Ek dink ek hiberneer ook.  Slaap nee…. Maar herlaai, verseker.  My jaar is ingedeel in twee ses maande periodes.  Van Januarie tot Julie,  werk ek dat my tong uithang.  Saans val ek neer net om 5 minute later weer op te steier en die kombuis aan te durf.  Ironies genoeg,  slaap ek nou eintlik meer as in die hiberneer periode.  As ek langer as 5 minute stil sit, is dit die teken vir my liggaam om te herlaai of te wel…. slaap. Ek slaap n halfuur voor die televisie,  2 minute terwyl die badwater intap.  10 minute in die bad en teen 9 uur saans is ek opgewarm vir my 8 ure nagrus, net om 5 uur soggens die nuwe dag te stormloop.  Gedurende die seisoen gebruik ek hope kop en lyf.

Eendag, gewoonlik vroeg Augustus daal die stilte neer oor die werf.  My ruimte, my kop en my lyf word weer stadig myne.  Ek kom tot verhaal.  Ek herlaai.  Ek doen al die ma dinge sonder om skuldig te voel oor die werk wat agter bly.  Ek haal die kwaste uit en verf. Waag dit om die naaldwerkkamer se deur oop te stoot.  Maak aan die kant,  sorteer….. My huis, my rekenaar, my fotos,  my kop, my hart my gedagtes.  Pak bietjie van die deurgekoekte spaghetti terug in boksies…. Skielik het ek tyd en energie vir n paar lekker dinge en ek hiberneer….. Desember, kinders,  Kersfees.  Stadig maar seker gaan ek oor uit my rusfase.  Januarie, val soos n ysblokkie teen my rug af. Tyd vir opstaan.  Super herlaai kruip ek uit my holte en durf n nuwe seisoen aan.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s