Velsmouse

Velsmouse.

As jy nou al ‘n vreemde subspesie van die spesie Homosapiens gesien het, dan is dit nou die velverkopers, kopers of sommer velsmouse soos menige boer hulle al gedoop het.

Hier in ons distrik sien mens hulle so 1 of twee keer ‘n jaar op jou plaas.  Maar as hulle die afdraai na jou plaas vat, dan hoor jy hulle gewoonlik lank voor jy hulle sien.  Die dreuning van daai bakkie maak dat jy wonder of dit ‘n Boeing of ‘n Jet is wat ‘n noodlanding moet uitvoer.  En dan natuurlik die gerammel van ou los panele wanneer die spoed verminder word en die grondpad aangedurf word.

 

So het ek nou al die amper 20 jaar wat ek op die plaas net 1 of twee persoonlike ontmoetings met die subspesie gehad.  Ek sien hulle wel  gereeld op die pad met ‘n bak wat hooggestapel is van die velle, met ‘n paar toue vas getrek is en sommer so skeef staan en gewoonlik soos ‘n krap die bulte uit sukkel.

Hier by ons is daar hierdie twee smouse wat ek nou al heelwat kere gesien het. Ja, sleg om te sê, maar vir mooi kan hulle beslis nie uitgeskel word nie en Rooi.  Ja, as ek vandag se “ginger” grappies hoor wat die jongmense mekaar so mee uithaal, dan tower ek dikwels die beeld van hierdie spesifieke velkoper op en dan wonder ek of die grappies se oorsprong nie dalk by hom begin het nie.

Die paar kere wat ek met hom te doen gehad het, kon ek my maar net verwonder oor hoe een persoon soveel hare kon hê, en dan het ek altyd gewonder oor Jacob en Essau.  As kind kon ek nooit verstaan hoe Jakob vir Isak om die bos kon lei  en met ‘n diere vel en vir Isak kon laat dink dat dit sy broer Essau is nie, maar as ek hierdie RooiJan velkoper sien, dan vermoed ek dat hy waarskynlik ‘n verlangse afstammeling van ons eie Essau uit die Bybel moet wees.  Ja, Rooi, Harig en sal ek dit liggies stel, onversorgd.  Ja, en dan vermoed ek ook dikwels moet daar heelwat versterkings deur die dag ingeneem word om die vel bedryf glad te laat verloop. ( wat seker heelwat moed en oortuiging kos).  Op die punt het ek al dikwels gewonder,  presies hoe winsgewend kan die bedryf dan nou wees?  As ek die koste van brandstof neem, die hoeveelheid velle wat gekoop word …..en die prys wat betaal  word vir die velle,  dan kan ‘n mens maar net wonder……..en dalk ook ‘n paar dinge verstaan.

So het ek een dag ‘n interessante belewenis met  die velsmous gehad.  Ek was haastig oppad huis toe, maar so paar km van ons huis af is daar ‘n stewige bult Toe ek die begin van die bult vat sien ek daar voor in die pad is iets nie pluis nie.  Een van die veelbesproke bakkies met sy skewe vrag velle lê dwars oor die pad.  En daar in die middel van die pad staan ‘n persoon langs ‘n mooi uitgespreide beesvel.  Ek besluit natuurlik om die Christelike ding te doen en te stop.

“Sjoe, dit lyk na ‘n lelike ongeluk” sê ek.

Baie Bars ” ja. Ff…….n sideshaft uitgeklim”, so ‘ suur alkohol walm daarmee saam.

“Jy darem nie seer gekry nie?”

“Nee, net my vriend hier” en hy lig die beesvel wat op die grond lê op, en daar in die middel van die pad teen ‘n vreeslike afdraande lê Roojan self.  Doodstil.  My hart ruk…. Is hy ……. , “lewe hy nog? Moet ek hom nie gou hospitaal toe vat nie?”.  “Los, Het die ambulans laat kom!”.  Nou staan ek maar rond, nie seker of die persoon nog leef of nie en erg geskok.  “Gaan, maar, ek sê mos die ambulans kom”.  So gaan ek toe maar, met ‘n naarkol op my maag.   En so spook dit  lank daarna  nog by my,  wat ek presies die dag daar gesien het en of  RooiJan dit oorleef het of dalk reeds daar langs die pad gesterf het.

‘n Paar jaar later ry ek een dag in die dorp en hier aangeleun teen ‘n rooi bakkie vol velle staan niemand anders as Rooijan, Esau , velsmous……   Lewendig.

 

Twee weke gelede oppad na ons naaste groot dorp haal ek ‘n bakkie van agter af in, steierend onder ‘n vrag velle wat skeef, skeef agterop vasgemaak is en ek wonder….  Toe ek verby gaan kyk ek dwars en voorin sit twee ouerige tannies.  Die pyn en ellende van die lewe duidelik op hulle gesigte afgeëts en die die drywer ……. Die rooiste, bottelrooi hare wat ek in ‘n lang tyd gesien het.  En nou wonder ek maar net, is dit dalk êrens gekryf dat ‘n mens rooi hare moet hê om velle te smous…..

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s