Hoekom?

This is the excerpt for your very first post.

Somtyds word ek 4 uur of 5 uur in die oggend wakker en dan is dit sommer net daar…….’n kop vol spaghetti, die een ding verbind aan die ander en die ander en die ander.  Lekker deurmekaar gewoel en terwyl ek tjoepstil lê om nie my man te steur nie, trek ek stadig die warboel uitmekaar en dan spring daar net hierdie gedagtes en woorde uit.  So in die stilte van die oggend,  pen ek sommer so n paar gedagtes vas. soms n gedig, soms ‘n storie, soms  sommer net ‘n rebellie teen die die onregverdigheid van die wêreld.

Dikwels net ‘n paar los gedagtes wat ontknoop, soms trek aan die een puntjie en dan maak dit sommer ‘n totaal ander knopie los.  Hierdie is vir my kop vol spaghetti.